Kanker Genade Siekte Boek
Please Note:
The English Version: Is available at Cancer Association’s Head Office. Please contact them to obtain your copy.
Die doel van hierdie boek is om almal wat met kanker te doen kry te help, om pasiënte, familie en vriende te lei - van die aanvanklike skok by die diagnose deur al die verskillende stadiums wat verwag kan word. Deur te besef dat kanker nie noodwendig die einde beteken nie, kan dit die betrokkenes lei om te ervaar dat die beste deel van die lewe nog voorlê - kan dit lei to ‘n voller, ryker en meer betekenisvolle lewe, waar die ware prioriteit van menswees kan ontplooi. Wanneer die siekte nie in remissie gaan nie, word dit soveel te meer belangrik om die uitdagings vorentoe realisties EN positief - met kalmte EN hoop aan te pak. Ek weet dit klink menslikgesproke onmoontlik, maar met God word dit moontlik: Ek het dit self ervaar en dit word bewys deur die stories van kosbare kankervriende wat ek in die boek kon vertel. Eintlik is die boek hoofsaaklik deur Namibiese kankerpasiënte geskryf vir elkeen wat deur kanker gekonfronteer word.
Die boek is ingedeel volgens die verskillende stadiums waardeur die pasiënt en die familie gaa (min of meer in die volgorde waarin dit plaasvind) om hulle te help om te verstaan wat te wagte kan wees en hoe om probleme kalm en realisties te kan hanteer. Elke afdeling van die boek is geïllustreer deur talle stories van werklike lewenservarings - wat dit maklik leesbaar en verstaanbaar kan maak. Die inhoud is op navorsing van professionele kundiges gebaseer, en hier verwys ek na die bibliografie en die verskillende bronne, soos dit op die laaste twee bladsye uiteengesit is - graag bedank ek ook die personeel van mediese onkologie wie so tegemoetkomend was om onderhoude aan my toe te staan.
Skrywer: Driekie Jankowitz
Die boek is beskikbaar teen N$80-00 by die volgende plekke en persone:
*Kankervereniging van Namibië Tel: 061-237740
*Karibib - Lisa Kotze Tel:064-550040 (h)
*Usakos - Erica Lambrecht Tel:081 291 9907
*Swakopmund - Hildegard Gedult Tel: 064-402042
*Hentiesbaai - Cicely van der Merwe Tel:064-500372 (h)
*Walvisbaai - Hildegard Böttcher Tel: 0812481089
*Grootfontein - Marietjie Jacobie Tel: 0812272091
*Keetmanshoop - Trix Blaauw Tel: 063-223201
*Luderitz - Elize du Toit Tel: 063-204252
*Mariental - Ciska Hayward Tel: 081 128 2097
*Otjiwarongo - Gerty van Zyl Tel: 067-302354 (h)
*Omaruru - Lizanne Kruger Tel: 064-570807 (h)
*Outjo - Jaco Liebenberg Tel: 067-313276 (w)
*Tsumeb - Pop Ayres Tel: 067-221250 (h)
Baie Dankie
Kankervereniging

